Seekamp | Seekamp
15713
page-template,page-template-full_width,page-template-full_width-php,page,page-id-15713,woocommerce-no-js,ajax_fade,page_not_loaded,,qode-title-hidden,qode_grid_1300,columns-4,qode-theme-ver-16.5,qode-theme-bridge,disabled_footer_bottom,wpb-js-composer js-comp-ver-5.4.7,vc_responsive

Inskrywings

DIE BEGIN VAN GROOT DINGE!!

Click net op TIENER of LEIER om in te skryf.

1

Kampterrein

5

Dae

75

Personeel

250

Tieners

Wie Is Ons

12 Gemeentes, een doel!

Ynetwerk Seekamp

Die Y-netwerk bestaan uit 12 gemeentes wat saam met mekaar werk ten opsigte van ’n breër jeugbediening. Die netwerk bestaan al vir 10 jaar en die gemeentes wat hiervan deel is, het ‘n hart vir ons land se tieners en hoop dat die verskil in hulle lewens so groot sal wees dat hulle ’n groter verskil in Suid Afrika en die wêreld sal maak. Ons glo sterk daarin dat 12 gemeentes wat saamwerk as die liggaam van Christus, die koninkryksbeginsels van Jesus onderstreep.

Die Y-netwerk se grootste projek is die Seekamp wat elke jaar by TO Strand plaasvind in die September/Oktober vakansie. Ons het laasjaar 250 tieners en 80 personeel op die kamp gehad. Leraars, groepleiers en tieners sal almal saam getuig dat hierdie een van die beste kampe is wat jy in jou lewe kan bywoon!

Liefde0%
Worship0%
Dissipelskap0%
Vriende0%

FAQ/Oor die Kamp

Lewens verander wanneer jy uit jou “comfort” kom!

Waar?

Ons kamp by TO-strand aan die suidkus. Sien kaart vir waar presies dit is.

Wanneer?

Die tieners kamp van die 2-7 Oktober 2017.

Die leiers gaan bietjie vroeër af. Hulle kamp van 29 Sept-7 Okt 2017.

Vervoer?

Ons maak hierdie jaar deur Greyhound van City Liner se busse gebruik.

Wanneer almal vertrek en van waar word later deurgegee.

Kostes?

Die kostes per persoon is WEER R2000. Dit kos ons eintlik meer per persoon, maar ons maak gebruik van borge om die prys af te hou.

Indien jy belang stel om dalk ‘n borg te wees kontak ons gerys by inskrywings@seekamp.co.za.

(Ons kan ook ‘n belasting sertifikaat uitreik)

As ek nie in een van die gemeentes is nie?

Dit gebeur dat daar tieners of leiers is wat hoor van Seekamp en nie noodwendig in een van die gemeente is wat deel is van die netwerk nie.

Kan hulle gaan? NATUURLIK! Ons is oop vir almal. Wat jy wel moet doen is om by of by die naaste gemeente aan waar jy bly in te skryf. Of as jy saam ‘n vriend/vriendin gaan by hulle gemeente in te skryf. Dit is NB, want dit beinvloed op watter bus jy ry!

Videos

NET ‘N KLEIN KYKIE AGTER DIE SKERMS.

Fotos

EEN FOTO SPREEK ‘n 1000 WOORDE!

Facebook Posts

Unable to display Facebook posts.
Show error

Error: (#4) Application request limit reached
Type: OAuthException
Code: 4
Please refer to our Error Message Reference.

Kontak Ons

Indien jy enige navrae het kontak ons gerus deur die vorm in te vul of stuur ‘n epos na inskrywings@seekamp.co.za

Your Name (required)

Your Email (required)

Subject

Your Message

Show Map