.
Die Y-netwerk bestaan uit 13 gemeentes wat saam werk ten opsigte van ’n breër jeugbediening. Die netwerk bestaan al vir 10 jaar en die gemeentes wat hiervan deel is het ‘n hart vir ons land se tieners en hoop dat die verskil in hulle lewens so groot sal wees dat hulle ’n groter verskil in Suid Afrika en die wêreld sal maak. Ons glo sterk daarin dat 13 gemeentes wat saamwerk as die liggaam van Christus, die koninkryksbeginsels van Jesus onderstreep.
Die Y-netwerk se grootste projek is die Seekamp wat elke jaar by TO Strand plaasvind in die September/Oktober vakansie. Ons het laasjaar 250 tieners en 80 personeel op die kamp gehad. Leraars, groepleiers en tieners sal almal saam getuig dat hierdie een van die beste kampe is wat jy in jou lewe kan bywoon!
WAAR
Ons kamp by TO-strand aan die suidkus. Sien kaart vir waar presies dit is.
WANNEER
Die tieners kamp van die 23- 28 September 2019.
Die leiers gaan bietjie vroeër af. Hulle kamp van 21-28 September 2019.
VERVOER
Ons maak hierdie jaar deur Greyhound van City Liner se busse gebruik.
Wanneer almal vertrek en van waar word later deurgegee.
KOSTES
Die kostes per persoon is R2500. Dit kos ons eintlik meer per persoon, maar ons maak gebruik van borge om die prys af te hou.
Indien jy belang stel om dalk ‘n borg te wees kontak ons gerus by inskrywings@seekamp.co.za.
(Ons kan ook ‘n belasting sertifikaat uitreik)
AS EK NIE IN EEN VAN DIE GEMEENTES IS NIE?
Dit gebeur dat daar tieners of leiers is wat hoor van Seekamp en nie noodwendig in een van die gemeente is wat deel is van die netwerk nie.
Kan hulle gaan? NATUURLIK! Ons is oop vir almal. Wat jy wel moet doen is om by jou die naaste seekamp gemeente in te skryf. Of as jy saam ‘n vriend/vriendin gaan skryf by hulle gemeente in. Dit is baie belangrik, want dit beinvloed op watter bus jy ry!